Australopithecus afarensis

Australopithecus afarensis
Tydperk: Plioseen, 3.9–2.9 m. jaar gelede
’n Replika van die oorblyfsels van Lucy, in die Museo Nacional de Antropología, Meksikostad.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Australopithecus
Spesie:
A. afarensis
Binomiale naam
Australopithecus afarensis
(Donald Johanson & Timothy White, 1978

Australopithecus afarensis is ’n uitgestorwe hominied wat tussen 3,9 en 2,9 miljoen jaar gelede geleef het.[1] A. afarensis was skraal gebou, nes die jonger Australopithecus africanus. Daar word geglo hulle was nader verwant aan die genus Homo (en dus die mens, Homo sapiens) – óf as ’n direkte voorouer óf as ’n nabyverwant van ’n onbekende voorouer – as enige ander bekende primaat uit dié tyd.[2]

Die beroemdste fossiel is die gedeeltelike geraamte van Lucy (3,2 miljoen jaar oud), wat deur die Amerikaanse paleoantropoloog Donald Johanson en sy kollegas gevind is. Om hul vonds te vier, het hulle die Beatles se liedjie Lucy in the Sky with Diamonds gespeel,[3][4][5] vandaar die naam.

Fossiele van A. afarensis is nog net in Oos-Afrika ontdek; die volledigste hiervan was in Ethiopië, waar ook Lucy en die "Eerste Familie" gevind is.

  1. Prins, Harald E. L; Walrath, Dana; McBride, Bunny (2007). Evolution And Prehistory: The Human Challenge, by William A. Haviland, Harald E. L. Prins,Dana Walrath,Bunny McBride. ISBN 9780495381907.
  2. Cartmill, Matt; Smith, Fred H.; Brown, Kaye B. (2009). The Human Lineage. Wiley-Blackwell. p. 151. ISBN 978-0-471-21491-5.
  3. Johanson & Maitland 1981, pp. 283–297
  4. Johanson, D.C. (2009). "Lucy (Australopithecus afarensis)". In Ruse, Michael; Travis, Joseph (reds.). Evolution: The First Four Billion Years. Cambridge, Massachusetts: The Belknap Press of Harvard University Press. pp. 693–697. ISBN 978-0-674-03175-3.
  5. Wood, B.A. (1994). "Evolution of australopithecines". In Jones, S.; Martin, R.; Pilbeam, D. (reds.). The Cambridge Encyclopedia of Human Evolution. Cambridge, VK: Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-32370-3. Ook ISBN 0-521-46786-1 (sagteband).

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne